Moet Ek ’n Boer Word? – Deel 4

Hierdie plasing is deel van ‘n vyf artikel bundel. Jy kan ARTIKEL DRIE HIER LEES.

Het jy al ooit gewonder of boerdery vir jou is? Het jy dalk op ’n plaas grootgeword of was jy as kind baie op jou oom of oupa se plaas?

Voordat jy “JA” sê, beantwoord die volgende vrae en vind uit of die beroep “BOER” by jou persoonlikheid sal pas.

Om op ’n plaas te bly en te boer gee vir ’n persoon vryheid en onafhanklikheid wat op min ander plekke of in min ander beroepe beskikbaar is.

Maar om te boer beteken ook dat die boer ’n spesiale verbintenis het met die grond en met die land se mense vir wie hy boer – vir wie hy kos produseer. Dit alleen; om die grond op te pas en die kos te produseer – is ’n groot verantwoordelikheid.

Sien jy kans vir hierdie verantwoordelikheid?

Kyk na die vrae hieronder en dink mooi oor jou antwoorde voordat jy hulle beantwoord.

As jy klaar is met hierdie “toets” behoort jy ’n idee te hê of jou persoonlikheid en die besigheid van ’n boerdery by jou sal pas. Jy sal ook weet of jy die eise van die dag sal kan hanteer.

VRAE

Vraag 1: Is jy gemaklik om alleen verantwoordelik te wees vir ’n hele besigheid en dus die hele organisasie van ’n boerdery?

Die sukses van die meeste klein boerderye berus geheel en al op hul eienaar(s). Dis is ook die eienaar wat gewoonlik alleen verantwoordelik is vir die daaglikse, weeklikse en maandelikse bedrywighede en die langtermynbeplanning van die boerdery.

Vraag 2: Kan jy onsekerheid en wisselvalligheid in jou lewe hanteer en aanvaar?

Onsekerheid plus nog ’n bietjie onsekerheid die volgende dag – en nog ’n bietjie extra onsekerheid die week daarop is deel van die boerdery – veral as die boerdery staatmaak op koue, hitte, reën en son op die regte tyd van die jaar.

Die faktore wat ’n boer se inkomste en bestaan op die plaas die meeste kan beïnvloed, sluit in klimaatsverandering, regeringsbeleid en -regulasies, asook wêreldwye handelsbeleid op sekere
gewasse/produkte – en natuurlik die regte hoeveelheid reën, hitte, koue en sonskyn op presies die perfekte tyd.

Vraag 3: Is jy ’n vinnige leerder?

In die laaste klompie jare het die boerderybedryf taamlik ingewikkeld geraak.

Daar is ’n baie steil leerkurwe en behalwe vir die vaardigheid om te kan boer, moet boere ook voortdurend die plaaslike en internationale markte dophou om die beste prys vir hul produkte te probeer kry op die regte tyd – op die regte plek in die regte mark.

Boere moet vandag ingewikkelde hoëtegnologiese masjinerie gebruik, soos toerusting wat met GPS-geleidebestuurstelsels en ander sataliettegnologie werk.

Hulle moet verskillende soorte bio-vervaardigdesade verstaan en die chemiese samestelling van
kunsmis, grondtipes, onkruiddoders en nog meer ken om die regte toedienings op hulle lande en gewasse te kan maak.

In kort beteken dit dat: As jy ’n boer wil word sal jy baie inligting baie vinnig sal moet
inneem en heeltyd op hoogte sal moet bly van veranderende stelsels en tegnieke van die boerderybedryf.

Vraag 4: Is jy ’n vindingryke probleemoplosser?

Boerdery is net soveel ’n mentaliteit as ’n beroep.

Die uitdagings en terugslae wat die beroep bied vereis dat jy verbeelding en kreatiwiteit aan die dag moet lê en dat jy vinnig oplossings op moeilke probleme sal moet vind om te oorleef.

Daar is nie in boerdery ’n boek vir elke probleem nie – en ook nie ’n oplossing vir elke uitdaging nie.

Die boere wat in die langtermyn oorleef is gewoonlik die boere wat dit regkry om die meeste probleme die vinigste, maklikste en goedkoopste kan oplos.

Vraag 5: Is jy geduldig?

As jy begin boer sal jy baie foute maak en baie struikelblokke teëkom.

Dit vat oor die algemeen ’n jaar of langer om iets nuuts in ’n boerdery te leer – en dit vat ook ’n jaar of soms twee om die foute wat jy gemaak het agter te kom.

Jy sal dus geduldig moet wees en ’n langtermynbeskouing moet inneem. Sukses in ’n boerdery is nie vinnig nie – dit van gewoonlik lank voordat jy sukses met ’n nuwe idee kan bereik.

Vraag 6: Beskik jy oor basiese sakebestuursvaardighede?

Om ’n boerdery te kan bedryf moet boere in staat wees om te kan beplan, kontantvloeibegrotings op te stel en om belastings en korting te verstaan.

Boere moet risikomarges kan bestuur, winste soek in ongunstige markte en hulle moet langtermyn-bemarkingsplanne kan opstel om te oorleef.

Boere moet ekonomiese tendense verstaan en hulle moet bewus bly van plaaslike regeringswetgewing wat relevant is vir hul ondernemings. Hulle moet ook kennis hê van international tendense in die landbou sektore – van land tot land – reg oor die wereld.

Vraag 7: Is jy voorbereid op die werksomstandighede op ’n plaas?

Lang werksure

Tensy boere baie hulp en dalk ’n assistent aanstel om hulle te help met die boerdery is dit nie ongewoon dat voltydse, onafhanklike boere geen vrye tyd het tydens die plant-, groei- en oestyd nie.

Pligte gedurende hierdie periodes kan dikwels van vroegoggend tot laataand duur met geen afnaweektyd nie.

Gedurende die res van die jaar gaan dit ook dol, want daar moet voorbereidings getref word vir die komende seisoen. Dit kan onderhoud en herstelwerk aan toerusting, rekeningkundewerk, belasting en natuurlik ook die bemarking van produkte klaar geoes of vir produkte wat nog geplant moet word, insluit.

Handearbeid

Selfs met moderne toerusting is ’n groot deel van ’n boerdery nog steeds afhanklik van handearbeid. ’n Redelike vlak van fisieke fiksheid is van kardinale belang vir ’n boer.

Gevare

Die hantering van vee, die gebruik van verskillende chemikalieë, die gebruik en herstel van
boerdery-masjienerie en -toerusting kan gevaarlik wees. Dit is nie altyd moonlik om 100% veilig te wees op die plaas nie.

Vraag 8: Het jy genoeg geld om in die boerdery te belê?

Dit is duur om te boer – selfs om ’n klein boerdery te begin verg aansienlike aanvangskapitaal.

Jy moet lewende hawe koop, jy moet plantmateriaal en duur toerusting koop. Jy moet dalk grond koop of jy moet grond huur en belastings betaal op daardie grond.

Jy moet geld hê vir arbeid en jy het geld nodig vir jouself om van te lewe en jy het geld nodig vir die 1000 ander goed wat jaarliks op ’n plaas nodig is om te kan boer.

Vraag 9: Is jy voorbereid op die potensiële ekonomiese probleme van ’n boerdery?

Om te boer én wins te maak is nie maklik nie.

Daar word beraam en dit is nie net in Suid-Afrika nie, maar ’n wêreldwye tendens, dat ongeveer 90% van alle klein boerderye ’n extra inkomste van buite af benodig om die boerdery aan die gang te hou.

Dit beteken dat die boer op sy vrou staat maak op ’n inkomste uit ’n tweede werk óf dat hulle
staatmaak op subsidies/toelae vanaf die regering soos die meeste eerstewêreldlande reeds doen, of dalk geld verdien uit ’n toerisme-arm wat op die plaas bedryf word.

As jy gemaklik voel met die eise wat deur bogenoemde vrae gestel word op die boer, en jy lus is om die beroep te betree, dan is hier ’n paar goedjies om aan te dink:

  • Ontsnap die kantoor
  • Geen dasse of ander duur kleredrag nie
  • Geen pendelwerk toe en terug nie
  • Bring jou troeteldier werk toe as jy kan
  • Spandeer jou tyd buite in die natuur
  • Bly fiks en gesond en werk hard
  • Sluit aan by ’n hegte gemeenskap
  • Voed die planeet se mense en diere

As jy plaaswerk soek gaan na Plaaswerk.co.za en laai jou CV daar op. As jy reeds boer – gaan kyk by Plaaswerk.co.za of daar een of twee jong manne is wat plaaswerk wil doen en laai hulle CV’s af.

Jy kan hierdie artikel gratis aflaai – in ‘n PDF formaat hieronder:

KLIEK HIER EN LAAI AF: Deel 4 – Moet Ek ‘n Boer Word?

 

Leave a Reply