Plaas Werk In SA

Moet Ek ’n Boer Word? – Deel 4
Hierdie plasing is deel van ‘n vyf artikel bundel. Jy kan ARTIKEL DRIE HIER LEES.

Het jy al ooit gewonder of boerdery vir jou is? Het jy dalk op ’n plaas grootgeword of was jy as kind baie op jou oom of oupa se plaas?

Voordat jy “JA” sê, beantwoord die volgende vrae en vind uit of die beroep “BOER” by jou persoonlikheid sal pas.

Om op ’n plaas te bly en te boer gee vir ’n persoon vryheid en onafhanklikheid wat op min ander plekke of in min ander beroepe beskikbaar is.

Maar om te boer beteken ook dat die boer ’n spesiale verbintenis het met die grond en met die land se mense vir wie hy boer – vir wie hy kos produseer. Dit alleen; om die grond op te pas en die kos te produseer – is ’n groot verantwoordelikheid.

Sien jy kans vir hierdie verantwoordelikheid?

Kyk na die vrae hieronder en dink mooi oor jou antwoorde voordat jy hulle beantwoord.

As jy klaar is met hierdie “toets” behoort jy ’n idee te hê of jou persoonlikheid en die besigheid van ’n boerdery by jou sal pas. Jy sal ook weet of jy die eise van die dag sal kan hanteer.

VRAE

Vraag 1: Is jy gemaklik om alleen verantwoordelik te wees vir ’n hele besigheid en dus die hele organisasie van ’n boerdery?

Die sukses van die meeste klein boerderye berus geheel en al op hul eienaar(s). Dis is ook die eienaar wat gewoonlik alleen verantwoordelik is vir die daaglikse, weeklikse en maandelikse bedrywighede en die langtermynbeplanning van die boerdery.

Vraag 2: Kan jy onsekerheid en wisselvalligheid in jou lewe hanteer en aanvaar?

Onsekerheid plus nog ’n bietjie onsekerheid die volgende dag – en nog ’n bietjie extra onsekerheid die week daarop is deel van die boerdery – veral as die boerdery staatmaak op koue, hitte, reën en son op die regte tyd van die jaar.

Die faktore wat ’n boer se inkomste en bestaan op die plaas die meeste kan beïnvloed, sluit in klimaatsverandering, regeringsbeleid en -regulasies, asook wêreldwye handelsbeleid op sekere
gewasse/produkte – en natuurlik die regte hoeveelheid reën, hitte, koue en sonskyn op presies die perfekte tyd.

Vraag 3: Is jy ’n vinnige leerder?

In die laaste klompie jare het die boerderybedryf taamlik ingewikkeld geraak.

Daar is ’n baie steil leerkurwe en behalwe vir die vaardigheid om te kan boer, moet boere ook voortdurend die plaaslike en internationale markte dophou om die beste prys vir hul produkte te probeer kry op die regte tyd – op die regte plek in die regte mark.

Boere moet vandag ingewikkelde hoëtegnologiese masjinerie gebruik, soos toerusting wat met GPS-geleidebestuurstelsels en ander sataliettegnologie werk.

Hulle moet verskillende soorte bio-vervaardigdesade verstaan en die chemiese samestelling van
kunsmis, grondtipes, onkruiddoders en nog meer ken om die regte toedienings op hulle lande en gewasse te kan maak.

In kort beteken dit dat: As jy ’n boer wil word sal jy baie inligting baie vinnig sal moet
inneem en heeltyd op hoogte sal moet bly van veranderende stelsels en tegnieke van die boerderybedryf.

Vraag 4: Is jy ’n vindingryke probleemoplosser?

Boerdery is net soveel ’n mentaliteit as ’n beroep.

Die uitdagings en terugslae wat die beroep bied vereis dat jy verbeelding en kreatiwiteit aan die dag moet lê en dat jy vinnig oplossings op moeilke probleme sal moet vind om te oorleef.

Daar is nie in boerdery ’n boek vir elke probleem nie – en ook nie ’n oplossing vir elke uitdaging nie.

Die boere wat in die langtermyn oorleef is gewoonlik die boere wat dit regkry om die meeste probleme die vinigste, maklikste en goedkoopste kan oplos.

Vraag 5: Is jy geduldig?

As jy begin boer sal jy baie foute maak en baie struikelblokke teëkom.

Dit vat oor die algemeen ’n jaar of langer om iets nuuts in ’n boerdery te leer – en dit vat ook ’n jaar of soms twee om die foute wat jy gemaak het agter te kom.

Jy sal dus geduldig moet wees en ’n langtermynbeskouing moet inneem. Sukses in ’n boerdery is nie vinnig nie – dit van gewoonlik lank voordat jy sukses met ’n nuwe idee kan bereik.

Vraag 6: Beskik jy oor basiese sakebestuursvaardighede?

Om ’n boerdery te kan bedryf moet boere in staat wees om te kan beplan, kontantvloeibegrotings op te stel en om belastings en korting te verstaan.

Boere moet risikomarges kan bestuur, winste soek in ongunstige markte en hulle moet langtermyn-bemarkingsplanne kan opstel om te oorleef.

Boere moet ekonomiese tendense verstaan en hulle moet bewus bly van plaaslike regeringswetgewing wat relevant is vir hul ondernemings. Hulle moet ook kennis hê van international tendense in die landbou sektore – van land tot land – reg oor die wereld.

Vraag 7: Is jy voorbereid op die werksomstandighede op ’n plaas?

Lang werksure

Tensy boere baie hulp en dalk ’n assistent aanstel om hulle te help met die boerdery is dit nie ongewoon dat voltydse, onafhanklike boere geen vrye tyd het tydens die plant-, groei- en oestyd nie.

Pligte gedurende hierdie periodes kan dikwels van vroegoggend tot laataand duur met geen afnaweektyd nie.

Gedurende die res van die jaar gaan dit ook dol, want daar moet voorbereidings getref word vir die komende seisoen. Dit kan onderhoud en herstelwerk aan toerusting, rekeningkundewerk, belasting en natuurlik ook die bemarking van produkte klaar geoes of vir produkte wat nog geplant moet word, insluit.

Handearbeid

Selfs met moderne toerusting is ’n groot deel van ’n boerdery nog steeds afhanklik van handearbeid. ’n Redelike vlak van fisieke fiksheid is van kardinale belang vir ’n boer.

Gevare

Die hantering van vee, die gebruik van verskillende chemikalieë, die gebruik en herstel van
boerdery-masjienerie en -toerusting kan gevaarlik wees. Dit is nie altyd moonlik om 100% veilig te wees op die plaas nie.

Vraag 8: Het jy genoeg geld om in die boerdery te belê?

Dit is duur om te boer – selfs om ’n klein boerdery te begin verg aansienlike aanvangskapitaal.

Jy moet lewende hawe koop, jy moet plantmateriaal en duur toerusting koop. Jy moet dalk grond koop of jy moet grond huur en belastings betaal op daardie grond.

Jy moet geld hê vir arbeid en jy het geld nodig vir jouself om van te lewe en jy het geld nodig vir die 1000 ander goed wat jaarliks op ’n plaas nodig is om te kan boer.

Vraag 9: Is jy voorbereid op die potensiële ekonomiese probleme van ’n boerdery?

Om te boer én wins te maak is nie maklik nie.

Daar word beraam en dit is nie net in Suid-Afrika nie, maar ’n wêreldwye tendens, dat ongeveer 90% van alle klein boerderye ’n extra inkomste van buite af benodig om die boerdery aan die gang te hou.

Dit beteken dat die boer op sy vrou staat maak op ’n inkomste uit ’n tweede werk óf dat hulle
staatmaak op subsidies/toelae vanaf die regering soos die meeste eerstewêreldlande reeds doen, of dalk geld verdien uit ’n toerisme-arm wat op die plaas bedryf word.

As jy gemaklik voel met die eise wat deur bogenoemde vrae gestel word op die boer, en jy lus is om die beroep te betree, dan is hier ’n paar goedjies om aan te dink:

Ontsnap die kantoor

Geen dasse of ander duur kleredrag nie

Geen pendelwerk toe en terug nie

Bring jou troeteldier werk toe as jy kan

Spandeer jou tyd buite in die natuur

Bly fiks en gesond en werk hard

Sluit aan by ’n hegte gemeenskap

Voed die planeet se mense en diere

As jy plaaswerk soek gaan na Plaaswerk.co.za en laai jou CV daar op. As jy reeds boer – gaan kyk by Plaaswerk.co.za of daar een of twee jong manne is wat plaaswerk wil doen en laai hulle CV’s af.

Jy kan hierdie artikel gratis aflaai – in ‘n PDF formaat hieronder:

KLIEK HIER EN LAAI AF: Deel 4 – Moet Ek ‘n Boer Word?

Vertakkings In Die Landbou – Deel 3
In ons vorige artikel het ons gepraat oor: Wat Doen ’n Boer?

Jy kan die artikel HIER lees.

Die landboubedryf is groot en het menige vertakkings.

In hierdie artikel gaan ons bietjie kyk na ’n paar verskillende boerdery-vertakkings en ook sommer ook na ’n paar onbekendes.

Visboerdery

Varsvisboerdery is Suid-Afrika is nog redelik klein in vergeleiking met ander lande in die wêreld, maar daar is goeie vooruitsigte vir die bedryf.

Boere wat met varswatervis boer sal gewoonlik spesialiseer in een soort vis, soos byvoorbeeld Tilapia [’n tipe Kurper] of miskien met ’n vis soos trout wat ook ’n ander inkomste vanaf toerisme of sport kan inbring.

Die rede hoekom varswatervis-boere moet spesialiseer in een of twee soorte vis is omdat elke verskillende soort vis verskillende voer en andere behoeftes het. Deur te spesialisseer maak dit die werk op die plaas baie makliker.

Hierdie visboere spesialiseer in die grootmaak (en soms teel) van vis wat dan net so aan lewendig verkoop word vir verwerking vir menslike gebruik – hetsy as vars vis of verwerkte produkte soos viskoekies, visvingers, ens.

Vis-afkal kan ook verder verwerk word en gebruik word vir diere voedsel, byvoorbeeld vismeel, of dit kan gebruik word as kunsmis wat weer deur ander boere gekoop word.

Voergewasse en Kontantgewasse

Om suksesvol te wees as ’n graanboer moet daar behoorlik vooruit beplan word. Soos byvoorbeeld voordat ’n boer begin saai moet jy gesluit wat gaan hy met die gewasse maak wat geplant/gesaai is. Gaan hy dit ruil (verkoop) vir kontank (kontantgewasse) of gaan hy dit vir homself hou en as veevoer (voergewasse) gebruik.

Wat die boer ook al besluit om te doen – hy sal self verantwoordelik wees vir die plant, bemesting en oes van die gewasse, sowel as die vervoer na die regte plekke soos die landbou kooporasie [mspy] wat die oes by hom sal koop.

Boere wat kontantgewasse plant het ’n goeie kennis van die spesifieke mark nodig, maar ook kennis van die planttye, oestye en die weerpatrone in hulle omgewing.

Saadboere plant ook gewasse spesifiek vir saadproduksie en die oes word aangekoop deur saadondernemings wat die gewasse behandel en verwerk, en dan weer aan andeer boere verkoop om die volgende seisoen as sade te gebruik om hul lande te plant.

Veeteel

Veeboere konsentreer daarop om gesonde en stewige vee te teel en aan die mark te voorsien vir vleis vir menslike gebruik.

Veeboere spesialiseer dikwels in net een of twee soorte diere wat goed sal aard in die spesifieke omgewing en plaas. Veeboere gee baie aandag aan genetika en teel op so ’n manier dat daar elke seisoen ’n beter nageslag geproduseer word.

Die “beter” nageslag word dan grootgemaak om mettertyd die plek van die huidige broeivoorraad in te neem, en die huidige (swakker) broeivoorraad word ná ’n tydperk verkoop – en so word die kudde opgebou.

Veeteelt vereis ’n goeie kennis van bloedlyne om die beste moontlike uitkruisings van ’n spesifieke soorte vee te teel – en om sodoende die beste resultate in teling te lewer. Sommige nageslag (stoet) kan ook verkoop word aan ander plase wat spesialiseer in veeproduksie om sodoende die vee vir ’n spesifieke produksiedoel groot te maak.

Vrylopendevark Boerdery

Die meeste mense besef nie hoe skoon en slim ’n vark in sy natuurlike habitat (die veld) is nie. Sedert die begin van die vorige eeu het dit meer algemeen geword vir boere om varkte in hokke aan te hou en op hok te voer.

Dit is hier in die beknopte hokke waar varke hulle slegte reputasie gekry het. “Jy is so vuil soos ’n vark. Jy stink soos ’n vark. Jy eet soos ’n vark”.

Varke is van die min diere wat nie hulle besigheid doen waar hulle eet nie. In die veld wei hulle en ploeg die grond met hulle snoete om – en dan eet hulle mooi. Hulle stink nie in die veld nie en vat ’n modderbad om skoon te bly. Hulle is slim, baie slim, en in die veld bou varke neste uit groot takke en stompe waarin hulle hul kleintjies kry. Op hierdie manier sal hulle nooit die kleintjies doodlê nie.

Vandag begin meer en meer kleiner boere weer om varke, soos van ouds, in die veld aan te hou.

Sulke boere wend hulle tot free range pork farming om ’n meer natuurlike produk te lewer en ook omdat die verbruiker daarop aandring.

’n Vrylopendevark-boerdery kom daarop neer dat varke in die veld grootword en permanent in die veld of in groot kampe aangehou word waar hulle vry kan rondkrap en wei. Hulle word steeds gevoer en kry goeie byvoeding, want varke eet baie. Die veld alleen het gewoonlik nie genoeg voedsame kos vir hulle nie.

Jy kan die Free Range Pork Association [kliek hier] se webblad besoek vir meer inligting.

Dadelpalms

Suid-Afrika het maar min Dadelpalmboere – die meeste van hulle is in die Noord-Kaap teen die Oranjerivier.

Dadelpalms het ’n baie spesifieke klimaat nodig – ’n warm woestyngebied is waarna hulle soek – en hulle het redelik baie water vir besproeing nodig.

Dit vat tussen agt en tien jaar voordat ‘n Dadelpalmboom ’n winsgewende oes kan lewer.

Ten spyte daarvan dat dit ’n baie winsgewende boerdery geword het is die klimaat, behoefte aan water en die tydperk voor produksie (dus hoë kapitaalinsette) die belangrikste redes hoekom Suid-Afrika so min dadelboere het.

Een van die maniere om hierdie uitdagings die hoof te bied is om die boerdery se insetkoste onder ’n klompie vennote te verdiskonteer.

Die manier om dit te doen is met ’n stelsel genaamde Impact Farming. Jy kan meer daaroor lees op die Impact Farming Association se webblad HIER.

In ’n volgende artikel sal ons die volgende vyf soorte boerderye hanteer en vrae beantwoord soos Wat doen ’n wynboer? en Hoe bestuur ’n wildboer sy plaas?

As jy plaaswerk soek op een van dié landbouvertakkings moet jy ’n draai maak by die webblad – Plaaswerk.co.za.

Jy kan jou CV daar oplaai en boere reg oor Suid-Afrika kan jou kontak om plaaswerk te doen.

Jy kan hierdie artikel gratis aflaai – in ‘n PDF formaat hieronder:

KLIEK HIER EN LAAI AF: Deel 3 – Vertakkings In Die Land

Wat Doen ‘n Boer? – Deel 2
In ons vorige artikel het ons gepraat oor: Wat is ’n Boer?

Jy kan die artikel HIER lees.

Hy is verantwoordelik is vir als

Om winsgewend te boer moet ’n boer verantwoordelikhede vat vir alles wat hy of sy aanpak op die plaas – dit maak nie saak hoe klein of groot die besluit op daai oomblik lyk nie – een foutjie kan later groot verliese beteken.

Of dit nou gaan oor die aankoop van saad of die spesifieke datum vir aanplanting van daai saad – die verkeerde besluit kan die boer sy/haar plaas laat verloor.

Hy moet kennis dra

Ander besluite gaan oor die kies van die regte kontantgewasse, of die aankoop van gehalteteel-materiaal vir slagdiere of die meng van kos vir daardie diere, of die versorging van ’n spesifieke soort vee op ’n produksieplaas. Die finale besluit is altyd die boer sin en die boer sin alleen – so ook is die risiko net die boer sin.

Om te oorleef móét ’n boer dus ’n wye kennisbasis hê van die landboubedryf as geheel, asook spesifieke kennis van die bedryf waarin hy of sy spesialiseer.

Maar daar is meer: Afgesien van die algemene kennis van plantdatums, teelsiklusse, oestydperke, ens. het ‘n boer ook goeie kennis van meganika nodig.

Boerdery-toerusting is duur, werk hard en breek baie – ’n boer moet hierdie toerusting altyd in ’n goeie toestand hou sodat dit optimale kan presteer.

Boere is verantwoordelik vir alle gewasse en vee waarmee hulle boer en wat ons as mense nodig het om te eet om te oorleef.

’n Boer moet dus uitstekende kennis hê van elke wet en elke regulasie – plaaslik en internasionaal – wat gaan oor voedselgesondheid.

Hy of sy moet die beperkings wat op die groter landboubedryf geplaas word verstaan en ook weet wat sy direkte plaaslike owerhede ten opsigte van landbou verbied, toelaat of aanbeveel.

Ander tipe boere

Tipes boere

Pluimveeboere maak mak voëls soos ganse, eende, hoenders of kalkoene groot vir slagdoeleinders.

Vleisboere maak vee groot soos beeste of skape, of selfs minder algemene vee soos bokke, volstruis of wild.

Byeboere hou heuningbye in kaste aan en produseer heuning vir die mark. Hulle verhuur ook hulle bye aan byvoorbeeld vrugteboere wat bye nodig het vir bestuiwing.

En daar is nog 100+ ander soort boere – dink daaroor en maak jou eie lys.

Landbou verander elke dag en daar is vandag selfs boere wat met wurms boer – hierdie wurms teer op afvalprodukte soos voedsel wat nie geeët is nie, vrot vrugte en vrot groente. In die proses skakel die wurms hierdie afvalprodukte oor in gesonde, voedingsryke grond en organiese kunsmis.

Varsvisboere koop ook hierdie wurms, maak hulle droog en dan voer hulle die wurms vir hulle visse – so help die een boer die ander – en op die einde produseer almal kos.

Elke boer is uniek

Geen grond en geen plaas is dieselfde nie en elke boer het sy eie maniere om dinge te doen. Jy kan net leer om suksesvol te boer deur jare se ondervinding.

Boere het verskillende persoonlikhede – net soos hulle plase is nie een van hulle dieselde nie.

Oor die algemeen is boere geneig om ondernemende individue te wees, wat beteken dat hulle avontuurlustig, ambisieus, selfgeldend, ekstrovert, energiek, entoesiasties, selfversekerd en optimisties is.

Ander is meer oorheersend, oortuigend en motiverend. Meeste boere is ook ondersoekend, wat beteken dat hulle intellektueel, introspektief en nuuskierig is.

Klink dit so jy?

Wil jy graag boer?

Dit is vandag moeilik om te leer boer of te begin boer in Suid-Afrika as niemand jou ’n kans gee nie. Om te leer boer en om plaaswerk te kan doen beteken dit dat jy prakties die werk moet begin doen.

As jy nog lekker jonk is, energie het, graag op ’n plaas wil werk en wil leer hoe om plaaswerk te doen – gaan dan na die webwerf Plaaswerk.co.za. Daar kan jy jou CV, foto’s, kwalifikasie en selfs drome oplaai en wanneer boere in Suid-Afrika iemand soos jy nodig het om hulle met hulle plaaswerk op die plaas te help kan hulle jou CV aflaai.

Dalk nooi hulle jou vir ’n onderhoud.

Jy kan hierdie artikel gratis aflaai – in ‘n PDF formaat hieronder:

KLIEK HIER EN LAAI AF: Deel 2 – Wat Doen ‘n Boer?

Wat is ‘n Boer? – Deel 1
Die oudste beroep in die wêreld, sover ons weet, is dié van ’n boer. Die Egiptenare het sowat 12 duisend jaar gelede vir die eerste keer hulle hand aan boerdery gewaag.

Selfs in daardie tyd was dit moelik om te boer. Ons lees in die Bybel hoe moelik dit soms was om vir die nasies genoeg kos te produseer en dus hoe moeilik dit was om te boer.

Vandag, duisende jare later, is dit steeds moeilik, maar min mense besef dit en min weet regtig wat boere alles moet doen om onder die vandel van “boer” te oorleef en ’n bestaan te maak.

Dié arikel is een van vyf artikels wat jou ‘n bietjie meer gaan leer oor boerdery in Suid-Afrika.

Vandag in Deel 1 vra ons die vraag: Wat is ’n boer en wat doen ’n boer nou eintlik?

Maar miskien moet ons eerder vra: Waar kom die kos wat ons in die winkels koop vandaan?

In kort: ’n Boer is iemand wat onder die vandel van die landbou werk en ’n verskeidenheid voedselprodukte groei of produseer vir menslike en diereverbruik.

Party boer produseer dus kos vir mense en ander produseer kos vir diere – of dalk produseer hulle kos vir albei.

Kos vir mense kan enige iets wees soos melk, vrugte, groene of dit kan iets wees soos koring wat later gemaal word en waarmee brood gebak word – dieselfde brood wat jy by die kafee koop.

Kos vir diere wat boere produseer, kan iets wees soos geelmielies of lusern wat gemaal word vir beeste en skape, en hierdie diere word later geslag en die vleis word deur ons gekoop in slaghuise. Of ons gaan eet ’n lekker T-Bone steak in ’n restaurant.

Daar is dus boere wat diere grootmaak en as hulle groot is word hulle verkoop vir wins en daar is boere wat grane en ander gewasse plant, hetsy dit vir later vir mense of diere gebruik word.

Die woord “boer” (of landbouer) verwys na ’n persoon wat ’n groot stuk grond besit en hy/sy benut hierdie grond deur byvoorbeeld landerye te maak en op hierdie lande word gewasse soos mielies en koring geproduseer.

Daar kan nie op alle plase gesaai word nie – op sulke plase word daar eerder slagdier of iets soos volstruise op die veld aangehou en grootgemaak – die diere of hulle velle of vere word dan later verkoop vir die mark.

Wat die meeste mense dalk nie besef nie is dat, of dit nou ’n skaap of ’n bees is waarmee geboer word, in 99% van alle gevalle word sulke diere een of ander tyd in hulle lewe gevoer met aangeplante weidings. Boere is daarom baie afhanklik van mekaar, want nie almal kan saai of weidings plant nie. As daar dus in ’n spesifieke jaar te min kos geproduseer word as gevolg van ‘n droogte, byvoorbeeld, dan kry almal swaar, boere, diere én verbruikers.

Dit is daarom jammer dat die meeste onkundige mense dink plaasdiere loop eenvoudig net in die veld en wei lekker op hulle eie, word self groot – dit kos mos niks – en dan eendag word die vee geslag en die vleis word vir groot winste verkoop…

…en dan koop die boere vir hulle nuwe bakkies.

Dis eenvoudig net nie waar nie en as jy al op ’n plaas gewerk het en harde plaaswerk gedoen het sal jy weet hoe moeilik dit vir ’n boer is om onder moeilike omstandighede ’n ordentelike eindproduk te lewer.

Soms, veral gedurende ’n slegte droogte, het boere hulp van buite-instansies en selfs van hulle regerings af nodig.

Regerings maak wette en stel regulasies op. Hierdie wette, soos byvoorbeeld invoerwette, is nie altyd in belang van die boere nie en word soms misbruik deur invoerders wat swak kwaliteit veevoer van die buiteland af invoer. Soms plaas regulasies nie genoeg beperkings op uitvoere en invoere nie of ander wette bevorder voedsel-smokkelary en korrupsie.

As regerings vir hulle boere omgee kan baie goed gedoen word om boere te help om beter produkte vir die plaaslike bevolking te lewer, spesifiek gedurende ’n noodgeval soos droogtes.

Maar ongelukkig het Suid-Afrika se regering nie juis simpatie met die meeste boere in die land nie en kom hulp te laat van die regering af indien enigsins.

Ten spyte hiervan is Suid-Afrika se boere baie hardwerkende mense en weet hulle dat ’n suksesvolle boer se hoofdoel nog steeds is om ’n goeie oes te lewer en om gesonde diere te produseer sodat die land se bevolking ordentelike kos het om te eet.

Boere in Suid-Afrika werk vir hulself en is alleen verantwoordelik vir alle gewasse wat op hulle plase geplant of gesaai word.

Ja, jy kry ook mspy’s wat plase besit en boer maar dis ‘n ander saak….

Privaat boer neem verder verantwoordelikheid vir alle vee op hulle plase. En as daar byvoorbeeld siektes uitbreek en duisende diere van kant gemaak moet word om die landbou te red (soos onlangs die geval was met volstruise as gevolg van voëlgriep), is daar gewoonlik nie ’n regering wat help nie. Nie soos in die meeste ander lande in die wêreld nie. Die risiko vir boere in Suid-Afrika bly dus besonder groot.

Boere maak wins deur die verkoop van die gewasse wat hulle plant en die diere wat hulle grootmaak. Kospryse word meestal internasionaal bepaal en dit gebeur gereeld dat boer ’n verlies maak omdat internationale pryse net teen oestyd kwaai geval het.

Een ding is egter seker: Sonder die kos wat boere reg oor die aarde elke jaar produseer – maak nie saak in watter land dit is nie – sal die bevolkings op hierdie planeet hongersnoot ervaar

Ondersteun dus ons boere wat elke dag hard werk om te verseker dat dit gebeur.

Hier is ’n aanhaling wat nogal akkuraat is wanneer jy ’n boer wil beskryf:

“Boere boer vir die liefde van boerdery en vir die liefde van die grond – veral as dit hulle eie grond en eie plaas is. Hulle hou daarvan om die groei van hulle plante en diere dop te hou en te koester – dag of nag. Hulle hou daarvan om in die teenwoordigheid van hulle diere te werk – al weet hulle dat dit ’n kort verhouding is voordat hierdie geliefde diere gelaai word vir die volgende vandusie. Hulle hou daarvan om naby hulle skepper buite in die son, in die reën, in die wind en in die mooi te werk. Ja, en hulle hou daarvan om oor die weer te praat, selfs as dit hulle lamlê en ellendig maak, maar meestal as dit hulle bly maak.”

NS: Daar is vandag baie jong Suid-Afrikaanse manne wat graag plaaswerk wil doen en nooit die geleentheid in Suid-Afrika kon kry nie. Baie van hierdie opgeleide jong manne het toe gaan plaaswerk doen in lande soos Amerika.

As jy nog jonk is en lief is vir SA en graag wil leer hoe om te boer, gaan besoek dan die amptelike Plaas Werk webwerf by plaaswerk.co.za. Op Plaas Werk sal jy jou CV kan oplaai en boere in Suid-Afrika sal jou CV kan aflaai om jou te nooi vir ’n onderhoud vir werk op hulle plase.

Jy kan hierdie artikel gratis aflaai – in ‘n PDF formaat hieronder:

KLIEK HIER EN LAAI AF:  Deel 1 – Wat Is ‘n Boer?

Die Koste Van Arbeid
Kom ons vergeet net vir ‘n oomblik van die terme “minimum loon” .

Wat kos plaas arbeid regtig? Kos dit die plaas dieselfde as wat dit byvoorbeeld ‘n maatskappy in die dorp kos om ‘n voertuig bestuurder aan te stel om aflewerings te doen?

Die meeste boere sal sê – NEE dit is nie so eenvoudig nie. Hulle sal sê; in die meeste gevalle as jy ‘n plaaswerker aanstel, wat op die plaas bly met sy of haar gesin, is die verantwoordelikheid [en in meeste gevalle ook finansiele] op die boer 2x tot 3x meer.

En raai wat? die beoere is reg – in die meeste gevalle is dit waar.

So wanneer dit by aanstelling vir nuwe personeel kom moet die boer BAIE mooi dink wat dit hom gaan kos – en al die implikasie daarvan.

Nie een plaas is dieselfe as die volgende een nie – nie eers die buurman sin nie – al boer alby met melk koeie.

Ek dink die volgende stelling, wat ek eendag by ‘n boer gehoor het, is nogal waar: Daar is ‘n ongeskrewe vennootskap tussen die boer en sy werkers – soms is hierdie vennootskap net so sterk as die verhouding tussen die boer, sy vrou en kinders.

Boer: Jy sal self op die ou einde moet besluit wat betaal jy jou plaaswerkers – maar jy sal eers regtig weet wat die perfekte loon is wanneer jy die kans gegun word om die verhouding te laat ontwikkel tussen julle twee.

Plaaswerkers: Die boer is nie net jou baas nie – hy is ook die baas op die plaas en die bestuuder van die besigheid wat genoeg geld moet verdien om jou salaris te betaal. Help hom met hierdie groot taak en hy sal jou goed beloon- jy sal sien.

Derick: Bamboes Kenner
Kom Ek Help Jou Op Jou Op Jou Bamboes Plaas

My naam is Derick en ek het vir 4 jaar op ‘n bamboes plaas in die laeveld gewerk. Die plaas is verkoop aan die staat en ek het my werk verloop. Intussen is die plaas ook daarmee heen.

Ek is 48, baie gesond en nie bang vir harde werk nie.  Ek sal op enige plaas werk. Ek ken ook groente en suikerriet.

Ek en my vrou werk en bly nog steels in die laeveld en ek ken die wereld soos die palm van my hand – maar ek sal nie omgee om na die Oos Kaap te verhuis nie. My kinders woon nou daar en dit sal lekker wees om hulle so nou en dan te sien.

Johan: Algemeen
Bly op Pietersburg. Sien Kans Vir Enige Werk.

Johan is 38 en alleen. Hy soek werk op ‘n plaas – kan nie trekker ry nie maar sal graag leer. Sal alles doen wat nodig is op plaas – hande arbeid ingesluit.

Johan het vir 14 jaar op die myn gewerk en kan ‘n CV stuur en het goeie verwysings.

Johan het sy eie groot en netjiese karevaan met groot tent en sal, as hy die werk kry, en daar is staanplek met geriewe, in sy eie karevaan kan bly op die plaas vir tot 3 maande of soos ooreengekom.

Johan drink nie en loop nie rond nie. Jy werk hard en wil graag ‘n aanwins op die plaas wees.

“Ek kan dadelik begin en sal tot 200km kan reis vir ‘n onderhoud”.