Kom ons vergeet net vir ‘n oomblik van die terme “minimum loon” .
Wat kos plaas arbeid regtig? Kos dit die plaas dieselfde as wat dit byvoorbeeld ‘n maatskappy in die dorp kos om ‘n voertuig bestuurder aan te stel om aflewerings te doen?
Die meeste boere sal sê – NEE dit is nie so eenvoudig nie. Hulle sal sê; in die meeste gevalle as jy ‘n plaaswerker aanstel, wat op die plaas bly met sy of haar gesin, is die verantwoordelikheid [en in meeste gevalle ook finansiele] op die boer 2x tot 3x meer.
En raai wat? die beoere is reg – in die meeste gevalle is dit waar.
So wanneer dit by aanstelling vir nuwe personeel kom moet die boer BAIE mooi dink wat dit hom gaan kos – en al die implikasie daarvan.
Nie een plaas is dieselfe as die volgende een nie – nie eers die buurman sin nie – al boer alby met melk koeie.
Ek dink die volgende stelling, wat ek eendag by ‘n boer gehoor het, is nogal waar: Daar is ‘n ongeskrewe vennootskap tussen die boer en sy werkers – soms is hierdie vennootskap net so sterk as die verhouding tussen die boer, sy vrou en kinders.
Boer: Jy sal self op die ou einde moet besluit wat betaal jy jou plaaswerkers – maar jy sal eers regtig weet wat die perfekte loon is wanneer jy die kans gegun word om die verhouding te laat ontwikkel tussen julle twee.
Plaaswerkers: Die boer is nie net jou baas nie – hy is ook die baas op die plaas en die bestuuder van die besigheid wat genoeg geld moet verdien om jou salaris te betaal. Help hom met hierdie groot taak en hy sal jou goed beloon- jy sal sien.


