Derick: Bamboes Kenner

Kom Ek Help Jou Op Jou Op Jou Bamboes Plaas

My naam is Derick en ek het vir 4 jaar op ‘n bamboes plaas in die laeveld gewerk. Die plaas is verkoop aan die staat en ek het my werk verloop. Intussen is die plaas ook daarmee heen.

Ek is 48, baie gesond en nie bang vir harde werk nie. Ek sal op enige plaas werk. Ek ken ook groente en suikerriet.

Ek en my vrou werk en bly nog steels in die laeveld en ek ken die wereld soos die palm van my hand – maar ek sal nie omgee om na die Oos Kaap te verhuis nie. My kinders woon nou daar en dit sal lekker wees om hulle so nou en dan te sien.